Nuus

Nuwe kortverhaal: My kortverhaal, “Lopers”, is op LitNet as deel van die Korona-kortverhaalfees.

Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Ons eendag”, is in die nuutste Vrouekeur.

Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Stevie”, is in die nuutste Vrouekeur.


Onderhoud: Deborah Steinmair het met my gepraat oor moordenaars, tegnologie en vroue as slagoffers in misdaadfiksie vir die webwerf, Skrop.

Radio-onderhoud: Izak de Vries praat met op Boekkeuse op Fine Music Radio.

Album: “A-Z Elgin Grabouw CrimeFest Krimifees.” Izak de Vries het ’n foto-album van al die gespreksleiers, skrywers en sessies op LitNet saamgestel.

Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Hartswater”, is in die nuutste Vrouekeur.

Losprys is een van die finaliste vir die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur. Die ander twee is Prooi (Deon Meyer) en Sondag (Irma Venter).

Elgin/Grabouw Krimifees: “Krimi’s oor die grense heen.” Jonathan Amid praat met my (Losprys), Julian Jansen (Die De Zalze-moorde), Deon Meyer (Prooi) en Rudie van Rensburg (Medusa).

Elgin/Grabouw Krimifees: “Misdaad se sagter kant.” Izak de Vries praat met my (Losprys), Sally Andrew (Death on the Limpopo), André Krüger (’n Redelike hoeveelheid moeilikheid) en Rudie van Rensburg (Medusa).

Donker Spoor se Turkse vertaling, Karanlik İzler, is nou beskikbaar.

Artikel: “‘Dit is 20 minute van my lewe wat ek nooit weer wil oorhê nie,’ onthou hy oor die pepersproei-eksperiment,” skryf Jaomi Zeeman in dié courant.

Boekpraatjie by die Breytenbach-sentrum in Wellington. Izak de Vries lei die gesprek.

Klein Karoo Nasionale Kunstefees: “Die onwaarskynlike speurder.” Izak de Vries lei die gesprek met my (Losprys) en Carina Diedericks-Hugo (Karaktermoord).

Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Boomgom”, is in die nuutste rooi rose.

Onderhoud: Elna van der Merwe van Huisgenoot het met my gepraat oor Losprys, kinders wat verdwyn en gunstelingkarakters.

Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Soetdoring”, is in die nuutste Vrouekeur.

Du Toitskloof Wyne-skrywersaand by Ou Meul Bakkery saam met Elsa Winckler, Irma Joubert, James-Brent Styan en Armand Aucamp.

Nuwe resensie van Losprys: “Hierdie boek byt en hy klou—jy word meegesleur met die spannende jagtog, die ontrafeling tot op die klimaks en ontknoping,” skryf Samantha Buitendach op LitNet.


Onderhoud: Phyllis Green van SARIE het met my gepraat oor Losprys, skoolopstelle en skryflesse.

Nuwe resensie van Losprys: “Met elke boek groei sy karakters. Volronde, geloofwaardige mense,” skryf Ronel Nel in rooi rose.

Phyllis Green van SARIE wou weet watter boeke ek, Annelie Botes, Sophia Kapp, Deon Meyer, Santie van der Merwe en Elsa Winckler vir Kersfees wil hê (in die Desember-uitgawe) en vir wie ons ’n boek in die Kerskous wil steek (op die webwerf).

Radio-onderhoud: Ilse Salzwedel praat met my op Skrywers en Boeke op RSG.

Nuwe resensie van Losprys: “Dit is een van Steyn se bykomende sterkpunte: sy manier om met ’n valkoog die omgewing waar te neem en die leser te laat voel dat sy of hy dáár is,” skryf Ronel Nel in Die Burger.

Radio-onderhoud: Toe ek in Pretoria was, het ek by Martin Jansen in die ateljee by Pretoria FM gaan kuier. Ons onderhoud word elke aand hierdie week ná tien in Die Mens agter die Mens uitgesaai.

Bekendstelling van Losprys by Graffiti Books & Stationery in Zambezi Junction, Pretoria. Heino du Plessis lei die gesprek.

Bekendstelling van Kantelpunt deur Sophia Kapp en Losprys by UPPERcase Books in Menlyn Maine, Pretoria. Heino du Plessis lei die gesprek.

Boekpraatjie oor Losprys by Moot-biblioteek in Pretoria. Heino du Plessis lei die gesprek.

Nuwe resensie van Losprys: “Hier het ons te make met ’n skrywer wat te midde van ellende en verlies die kleinste, mees intieme oomblikke van patos en empatie kan raakboor, maar, soos met die onvergeetlikste leeservarings, kom saam met dié gevoelens van ontnugtering ook ’n soort euforie: Jy het die aanslag oorleef; jy is ’n getuie van die optekening van ’n soort werklikheid wat nog lank by jou sal spook,” skryf Jonathan Amid in Rapport.

Bekendstelling van Losprys by Protea Boekwinkel in Hatfield, Pretoria. Heino du Plessis lei die gesprek.

Boekpraatjie oor Losprys by Protea Boekwinkel in Potchefstroom.

Bekendstelling van Losprys by Boek-Bederf in Klerksdorp. Cecilia Steyn lei die gesprek.

Artikel: “Voeg hierby ’n akademiese agtergrond van kriminologie en sielkunde, en ’n voorkeur vir die werk wat die gewone speurder in die alledaagse misdaadwêreld moet doen, en ’n mens begin meer verstaan van die kreatiewe impulse wat hierdie skrywer stories laat skep,” skryf Leana Lategan in Volksblad.

Bekendstelling van Losprys by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein.

Prince Albert Leesfees: “Die vreesaanjaende vier.” Bettina Wyngaard (Slaafs) lei die gesprek met my (Losprys), Deon Meyer (Prooi) en Jo Nel (Die hond wat ophou blaf het).

Nuwe nuusbrief: Trosbom. Lees ’n uittreksel uit Losprys.

Bekendstelling van Losprys by Bargain Books Willowbridge. Jonathan Amid lei die gesprek.

Lesersindruk van Losprys: “As ons na hierdie boek se omslag gaan kyk, lyk dit asof ons deur ’n ou geel glasskerf moet kyk … ’n Blik op stukkendgeskraapte mense se siele,” skryf Alexander Mickel, ’n Duitser wat homself Afrikaans leer praat en skryf het, op LitNet.

Nuwe nuusbrief: Mitchells Plain-koffie. Vind meer uit oor die Losprys-kompetisie.

Nuwe lok-video: Sit die ligte af, draai die klank aan en kyk die lok-video vir Losprys.

Onderhoud: Jacques Myburgh het met my gepraat vir die ATKV se webwerf.

Skrywersaand by Bellville-biblioteek saam met James-Brent Styan. Izak de Vries lei die gesprek oor Steinhoff en die Stellenbosse Boys en Losprys.

Artikel: “Steyn sê sy idee vir sy jongste skepping is gebore uit ’n werklike voorval wat in Kaapstad afgespeel het,” skryf Tasmin Cupido in die DistriksPos.

Losprys is nou beskikbaar by boekwinkels en aanlyn.

Bekendstelling van Losprys by Brackenfell-biblioteek. Jonathan Amid lei die gesprek.

My boksie eksemplare van Losprys word afgelewer.

Nuwe nuusbrief: “Ek wil graag help.” Kom ontmoet adjudant-offisier Karla Blanckenberg, die gyselaaronderhandelaar in Losprys.

Nuwe nuusbrief: “Ek verkies ook moord.” Kom ontmoet adjudant-offisier Enzo Ariefdien, die ondersoekbeampte in Losprys.

Losprys is op die aanbevole lys van boeke vir leeskringe op LitNet.

Nuwe nuusbrief: “Ek het jou seun.” Vind meer uit oor my nuwe misdaadriller, Losprys.

Lesersindruk van Swartval: “Daar is donker plekke ofskoon daar lig is en daar is nog donkerder plekke in mense se siele,” skryf Alexander Mickel, ’n Duitser wat homself Afrikaans leer praat en skryf het, op Maroela Media.

Artikel: “Jou oë rek van verbasing as jy sien ’n Afrikaanse roman word in Turks vertaal. Maar vat jy die spoor na dié skynbare onwerklikheid is die antwoord tog realisties,” skryf Elretha Britz op Netwerk24. Lees die storie agter Donker Spoor se Turkse vertaling.

Mags gaan op ’n blitskursus moet gaan om Turks te leer, want die Turkse uitgewer A7 Kitap gaan Donker Spoor vertaal.

My nuwe misdaadriller kom in Oktober. Die titel is Losprys.

Boekpraatjie by Mamre-biblioteek.

Onderhoud: Refiloe Metsing het met my gepraat vir die Writers College Blog.

Die eerste oplaag van Dark Traces is uitverkoop en die boek word herdruk.

Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Hangberg”, is in die nuutste Vrouekeur.

Nuwe resensie van Hartlam: “Die beskrywings en karakters is eg en elke verhaal sal die leser los met iets om oor na te dink,” skryf Mandie Ehlers op die ATKV-webwerf.

Nuwe resensie van Hartlam: “Dit is ’n relevante bundel wat die leser ’n wye perspektief op die liefde bied: erotiek, obsessie, teistering, verlange, verwerping, kameraadskap, deernis, durf, hoop—Hartlam gee die leser ’n voyeuristiese blik op hierdie fasette en meer,” skryf Madri Victor op LitNet.


Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Kersverhaal”, is in die nuutste Huisgenoot.

Nuwe tydskrifverhaal: My kortverhaal, “Nettievanniebure”, is in die nuutste Vrouekeur.

My storie, “Papie”, is een van die 25 verhale wat by die US Woordfees se kortverhaalbundel vir 2018 ingesluit sal word. Lees meer oor die bundel op LitNet.

Nuwe Amerikaanse resensie van Dark Traces: “A dark, intriguing, and satisfying tale with strong characters,” skryf Kirkus Reviews en gee Dark Traces ’n Kirkus Star.

Onderhoud: “Martin places a premium on realism, and it shows in the book. But his character study of his protagonist, Jan Magson, and the people caught up in the killer’s wake are riveting.” Michael Sears het met my gepraat vir The Big Thrill.

Nuwe resensie van Hartlam: “Soos dit maar met ’n blind date gaan, weet jy nie altyd presies wat om te verwag nie, en so sorg Hartlam ook vir sy eie verrassings,” skryf Frederick J. Botha in Die Burger.

TV-program: Bouwer Bosch praat met my oor die gruwelgenre op FLITS op kykNET.

Hartlam is ’n bundel verhale oor die liefde in allerhande verskillende vorms, saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair. Een van die stories, “Rooi angelierblare”, is myne.

Dark Traces is vandag beskikbaar in Amerika.

Nuwe Amerikaanse resensie van Dark Traces: “Dark Traces by Martin Steyn is fascinating and compelling for its unfamiliar—at least, to most American readers—setting, its well-drawn and sympathetic characters, and the totally believable psychopath whose vicious murders are at the center of the plot,” skryf D.R. Meredith in die New York Journal of Books.

Radio-onderhoud: Ek kuier by Annette Havenga in die ateljee by Sunshine Radio.

Onderhoud: Vraag-en-antwoord in The Big Thrill.

Radio-onderhoud: Ek kuier by Johann Myburgh in die ateljee by Radio Helderberg en Chanette Paul sluit telefonies by ons aan. Ons praat oor Sacrificed en Dark Traces.

Donker Spoor en Skuldig se eerste oplae is uitverkoop en beide boeke word herdruk.

Bekendstelling van Sacrificed en Dark Traces by The Book Cottage, Hermanus, saam met Chanette Paul. Janet Marshall lei die gesprek.

Boekpraatjie by Protea Boekwinkel, Worcester, saam met Carolyn Meads (Kwela Uitgewers) en Karina Szczurek (The Fifth Mrs Brink). Heino du Plessis lei die gesprek.

Nuwe resensie van Dark Traces: “Maar vir my is die eintlike wenner van Dark traces die juweel van ’n speurder Jan Magson,” skryf Irna van Zyl op LitNet.

Eerste Amerikaanse resensie van Dark Traces: “A damaged but determined detective is matched against a bold and intelligent killer in this captivating debut thriller,” skryf Dan Forrest in die Library Journal.

Nuwe resensie van Dark Traces: “In his ‘quest for realism’ Steyn spoke to members of the erstwhile Serious Violent Crimes Unit and forensic pathologists which, coupled with a gift for English dialogue too, makes this book all too credible,” skryf Nancy Richards in South African Country Life.

Prof. Thys Human bespreek Swartval op Pretoria FM: “Dis regtig ’n aansteeklike roman. Selfs al wil jy amper nie verder lees nie, kan jy jouself nie help nie.”

Vrystaat-kunstefees: “Crime novels—where do we stand?” Jonathan Amid praat met my (Dark Traces), Niq Mhlongo (Affluenza), Mike Nicol (Agents of the State) en Bettina Wyngaard (Slaafs).

Vrystaat-kunstefees: “Spanningsverhale—die skrywers agter die skerms.” Jonathan Amid praat met my (Swartval), Chanette Paul (Paaiboelie) en Dibi Breytenbach (Heiliger).

Vrystaat-kunstefees: “’n Ballistiese kenner vertel.” Ek praat met Wollie Wolmarans oor Koeëlreën.

Artikel: “Bloed en ink—die gewildheid van misdaadfiksie,” deur Theo Kemp in Taalgenoot.

Nuwe resensie van Op die spoor van: “Hierdie verhaal en die 13 ander is van ’n hoë gehalte en ideaal vir mense wat om watter rede ook al nie hul rilgenot in romanlengte wil ervaar nie,” skryf Elna van der Merwe in Huisgenoot.

Nuwe resensie van Op die spoor van: “Die bundel bied ’n heerlike kaleidoskoop van stories, met goeie afwisseling in tema en skryfstyl,” skryf Suzette Kotzé-Myburgh op LitNet.

Nuwe resensie van Op die spoor van: “Van Rensburg se samestelling is ’n mengelmoes van uiteenlopende stemme wat hy met die vernuf en presiesheid van ’n baasspeurder bymekaarskraap,” skryf Jacques Myburgh in Die Burger.

Nuwe resensie van Op die spoor van: “[Dit] is verblydend om te verkondig dat Op die spoor van deurlopend ’n sterk aanbod van intrige, spanning, en innerlike en uiterlike konflik bied,” skryf Jonathan Amid in Rapport.

Bekendstelling van Op die spoor van by Protea Boekwinkel, Stellenbosch, saam met Frederick J. Botha, Karin Brynard, Henry Jack Cloete, Tertius Kapp en Bettina Wyngaard. Rudie van Rensburg lei die gesprek. Naomi Bruwer van LitNet het ’n video-opname gemaak.

Prof. Bernard Odendaal van NWU Potchefstroom het my genooi om met die kursusgangers tydens die ATKV-Skryfskool te praat.

Bekendstelling van Swartval by die Noordwes-Universiteit Botaniese Tuin Kunsgalery, Potchefstroom. Duane Aslett praat met my.

Op die spoor van is ’n bundel met 14 speurverhale wat deur Rudie van Rensburg saamgestel is. Daar is verhale deur Bettina Wyngaard, Rudie van Rensburg, Henry Jack Cloete, Frederick J. Botha, Zirk van den Berg, Nathan Trantraal, Francois Smith, Tertius Kapp, Carien Smith, Karin Brynard, Johan Jack Smith, Deborah Steinmair, Kerneels Breytenbach en my storie, “Sprokie vir ’n Plain-kind”.

Franschhoek Literary Festival: “Finding the plot.” Paige Nick (Dutch Courage) praat met my (Dark Traces), François Bloemhof (Double Echo) en Mike Nicol (Agents of the State).

Radio-onderhoud: Ek kuier by Nancy Richards in the ateljee by SAfm.

Eerste resensie van Dark Traces: “Steyn has delivered a consummate crime novel and one hopes more are in the offing,” skryf Julian Richfield in die Cape Times.

Dark Traces is nou beskikbaar by boekwinkels en aanlyn.

My boksie eksemplare van Dark Traces word afgelewer.

Artikel: “Skrywersprofiel: Martin Steyn,” deur Eleine Roets in Plus 50.

US Woordfees: Jonathan Amid praat met my oor Swartval en Dark Traces.

DEKAT bederf skrywers en ander rolspelers in die boekbedryf met ’n fabelagtige langtafelete in Stellenbosch.

Donker Spoor gaan binnekort ’n Engelse weergawe hê. Dark Traces verskyn in April.

US Woordfees: Bekendstelling van die kortverhaalbundel Wys by die Bloekomhoek.

Ek en Karin Brynard keer terug na die Hoër Meisieskool Bloemhof, hierdie keer om met die leerders te praat.

Boekpraatjie by die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, saam met Karin Brynard (Tuisland) en Deon Meyer (Koors). Venessa de Beer lei die gesprek.

Nuwe resensie van Swartval: “Dié Steyn-krimi bied die verruklike kombinasie van herkenbare skryfstyl, haarfyn plot, geloofwaardige karakters, puik navorsing, galgehumor, gekombineer met uiters onthutsende terugflitse en liriese beskrywings, en die houvas van die verlede op die hede,” skryf Jonathan Amid in Rapport.


Vir hierdie episode van Skrywers en Boeke op RSG het Ilse Salzwedel skrywers gevra oor die musiek waarna hulle luister terwyl hulle skryf.

Riette Rust praat oor Swartval in die program Boekkeuse op Fine Music Radio.

Die US Woordfees publiseer weer in 2017 ’n kortverhaalbundel. My storie,“’n Dun blou lyn”, is een van die 25 verhale wat gekies is. Lees meer oor die bundel op LitNet.

Onderhoud: Martiens Fourie van SA Vryskutskrywer het my ’n hele klompie vrae gevra.

Prince Albert Leesfees: Leon van Nierop praat met my en Carla van der Spuy (Mishandel, Misbruik, Misken).

Dis Oktober en weer tyd vir ’n bundel met ’n bonatuurlike neiging. Skadustemme, saamgestel deur Lelani Fourie, is nou beskikbaar op Kindle. Daar is stories deur onder andere François Bloemhof en Jaco Jacobs, en een deur my, “Kira”, ’n nuwe weergawe van my heel eerste gepubliseerde storie (in die rooi rose van Januarie 2004).

TV-program: DEKATv se insetsel oor die ATKV-Woordveertjies.

Dr. Ilse de Korte van die Afrikaans/Nederlands-department by Rhodes Universiteit het my Grahamstad toe genooi om ’n paar praatjies vir haar studente aan te bied.

Bekendstelling van Swartval by die Eastern Star Gallery in Grahamstad. Ilse de Korte praat met my.

Artikel: Dirk Jordaan van Beeld het my allerhande vrae oor ontbyt gevra.

Swartval is rooi rose se Boek van die Maand vir Oktober: “Behalwe dat Steyn hom binne drie jaar sekerlik as een van ons voorste skrywers in die riller-genre gevestig het, is dit sy menslike benadering tot karakters wat hom kop en skouers bo ander laat uittroon,” skryf Ronel Nel.

Nuwe resensie van Swartval: “Ek hou nie eens van sielkundige rillers nie, maar ek het dié roman verslind omdat die verhaal met soveel vaart bly voortsnel en omdat die karakters al veelkantiger raak en die leser bly boei,” skryf Willie Burger in Vrouekeur.

Bekendstelling van Swartval by Bargain Books in Willowbridge, Bellville. Madri Victor lei die gesprek.

Radio-onderhoud: Ilse Salzwedel praat met my op Skrywers en Boeke op RSG.

Radio-onderhoud: Ek kuier by Martin Jansen in die ateljee by Pretoria FM.

Artikel: “Misdaadtreffer soos ‘vuishou in die maag’,” deur Adéle Changuion op Maroela Media.

Bekendstelling van Swartval by Protea Boekwinkel, Hatfield. Ilse Salzwedel lei die gesprek.

Bekendstelling van Swartval by Painted Words, Modimolle. Celesté van Niekerk lei die gesprek.

Nuwe resensie van Swartval: “Die skrywer se taalgebruik en beskrywings maak die situasie werklik in jou oë. Jy ervaar die vrees wat Claire in die donkerte ervaar; haar kortasem sonder haar asmapompie laat jou bors saamtrek,” skryf Maryke Roberts op LitNet.

ATKV-Woordveertjies by D’Aria, Durbanville. Skuldig ontvang die Veertjie vir Spanningslektuur.

Boekpraatjie by Bellville-biblioteek. Madri Victor praat met my, Elsa Winckler, Vita du Preez en Alta Cloete.

Bekendstelling van Swartval by Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Jonathan Amid lei die gesprek. Naomi Bruwer van LitNet het ’n video-opname gemaak.

Nuwe nuusbrief: “Doen dit of ek sny jou keel af!”

Radio-onderhoud: Elsje van Jaarsveld praat met my op Pretoria FM.

Eerste resensie van Swartval: “Steyn kry dit reg om ’n vroulike innerlike krag en uithouvermoë in die karakter vas te vang en hy breek stereotipes af,” skryf Pieter Steyn in Die Burger.

Boekpraatjie by Bertus Basson at Spice Route, Paarl, ten bate van die Rustoord-ouetehuis. Madri Victor praat met my en Jeanette Stals (Katoog).

Nuwe lok-video: Sluit die deure, draai die klank aan en kyk die lok-video vir Swartval.

Onderhoud: Elmari Rautenbach het ’n paar vrae vir Netwerk24.

Skuldig is een van die finaliste vir die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur. Die ander twee is Die Verdwyning van Billy Katz (Chris Karsten) en Skarlaken (Irma Venter).

Nuwe nuusbrief: Niemand kom nie.

Radio-onderhoud: Ek en Reinette Evans van Rape Crisis Helderberg kuier by Johann Myburgh in die ateljee by Radio Helderberg.

Onderhoud: Cliffordene Norton het my ondervra vir die Romanza Lesersblog.

Boekpraatjie by Parow-biblioteek.

Artikel: “Boek trek lesers midde-in die geweld,” deur Tamsyn Jantjies in die DistriksPos.

TV-program: Kabous Meiring praat met my en Carla van der Spuy (Bloed op haar Hande) op Prontuit, regstreeks op kykNET.

Swartval is nou beskikbaar by boekwinkels en aanlyn.

My boksie eksemplare van Swartval word afgelewer.

Nuwe resensie van Bly: “Gaan lees mens die woordeboekinskrywings in die WAT oor ‘bly’, is dit opvallend hoeveel aspekte daarvan reflekteer in die saamgestelde verhale: daar is blywende dinge; dinge wat bly maak; wat oorbly en wat pla,” skryf Marius Crous op LitNet.

Baie geluk aan Nancy Mouton, wat die Swartval-kompetisie gewen het.

Nuwe nuusbrief: Claire.

Nuwe nuusbrief: Hy het teruggekom.

Nuwe nuusbrief: Die wag is uiteindelik amper verby! My derde roman kom in Augustus. Die titel is Swartval. Omdat dit ’n vreemde—en opgemaakte!—titel is, het ek gedink dit sal interessant wees om uit te vind wat mense dink dit beteken. Volg hierdie skakel en stuur vir my jou idee oor wat agter die titel skuil. Die een waarvan ek die meeste hou, sal ’n getekende kopie van Swartval wen. Die kompetisie sluit op 18 Julie 2016.

Boekpraatjie by Edgemead-biblioteek.

Nuwe resensie van Donker Spoor: “Deur die boek hou Steyn die leser aan die raai; die roman handhaaf ’n vinnige pas en boei deurgaans, sonder pretensie, met realistiese gebeure,” skryf Nadine Hamman in die Tydskrif vir Letterkunde.

Nuwe resensie van Bly: “’n Versamelstuk en, te oordeel na die puik verhale, die moeite werd om te koop,” skryf Jeanette Ferreira in Rapport.

US Woordfees: “Misdaadskrywers: feit of fiksie?” Riette Rust (Vlees en Bloed) praat met my (Skuldig), Carla van der Spuy (Bloed op haar Hande) en Henk Breytenbach (Kodenaam: Icarus).

US Woordfees, radio-onderhoud: Ilse Salzwedel saai Skrywers en Boeke op RSG regstreeks vanaf die Woordfees uit. Sy praat met Suzette Kotzé-Myburgh, Sophia Kapp, Madri Victor, met my en Wilna Adriaanse.

DEKAT nooi 30 skrywers vir ’n besondere ete by The Showroom in Stellenbosch.

US Woordfees: Bekendstelling van die kortverhaalbundel Bly by die Plataan.

Die US Woordfees publiseer hierdie jaar ’n kortverhaalbundel met 24 stories, onder andere deur skrywers soos Abraham H. de Vries, Rachelle Greeff, Herman Lategan, Deborah Steinmair en Keina Swart. My donker storie, “Die pop”, het ook sy pad daar ingewurm. Die bundel is slegs by die Woordfees beskikbaar en word in ’n beperkte oplaag uitgegee, so moenie hierdie versamelaarsitem misloop nie. Lees meer oor die bundel op LitNet.

TV-program: ’n Insetsel op DEKATv op kykNet oor die Prince Albert Leesfees. Dit sluit ook my eerste klankgreep op televisie in.


Prince Albert Leesfees: Ek en Leon van Nierop (Adrenalien—Die Waarheid) vra mekaar uit oor ons boeke.

Bekendstelling van Skrik op die Lyf by Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Riana Barnard praat met Kerneels Breytenbach. Ek, Malene Breytenbach en Andy Galloway lees elkeen ’n gedeelte uit ons kortverhale voor.

Artikel: “Ek leef my droom.” Riette Rust het met my gepraat vir Vrouekeur.

Nuwe resensie van Skrik op die Lyf: “Vir hierdie leser was die grootste plesier om te sien hoe skeppend—mens wil amper die woord ‘modern’ gebruik—die bydraers omgaan met die basiese opdrag en hoe hulle in die proses C.J. Langenhoven se klassieke en vandag steeds wonderbaarlike spookverhale behoorlik op hul kop keer,” skryf Johan van Zyl in Die Burger.

Nuwe resensie van Skrik op die Lyf: “Die verhale is kort—net lank genoeg om jou in te trek—en net soos jy voel jy kry jou sit en begin lekker lees, kom die kolskoot van vrees,” skryf Maryke Roberts op LitNet.

Dis Oktober, die perfekte maand vir ’n bundel kortverhale met ’n bonatuurlike, spookagtige of gruweltema. Skrik op die Lyf is deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard saamgestel en bevat 46 stories. Hier is ’n proefie van my storie, “Die trommel”.

Ek het die eer om rooi rose se Skrywer van die Maand vir Oktober te wees. Ronel Nel het my ’n paar vrae gevra en vyf kopieë van Donker Spoor kan gewen word. Die tydskrif is nou beskikbaar.

ATKV-Woordveertjies by D’Aria, Durbanville. Donker Spoor ontvang die Veertjie vir Spanningslektuur.

Kyk na ’n foto-oorsig van die ATKV-Woordveertjies deur Naomi Bruwer en Izak de Vries op LitNet.

Open Book Festival: “Skop, skiet en bier.” Kerneels Breytenbach praat met my en Rudie van Rensburg (Judaskus) by Straight No Chaser, Kaapstad.

Onderhoud: Met die oog op my praatjie saam met Rudie van Rensburg by die Open Book Festival, het Beyers de Vos my ’n paar vrae gevra vir LitNet.

Durbanville Winterfees: Boekpraatjie by Bakesh.

Radio-onderhoud: Ek kuier by Martelize Brink in die ateljee by RSG.

Donker Spoor is een van die finaliste vir die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur. Die ander twee is Dubbelspel (Wilna Adriaanse) en Die 13de Kaart (Madelein Rust).

Nuwe resensie van Skuldig: “Steyn weef ’n web van intrige en net sodra jy vermoed hy het hom in ’n hoek geskryf, gebéúr daar iets,” skryf JB Roux in Rapport.

Bekendstelling van Skuldig by Wordsworth Books in Somerset Mall, Somerset-Wes, saam met Vita du Preez (Woestynroos). Izak de Vries lei die gesprek.

Onderhoud: Die res van Helené Prinsloo van Books LIVE se vrae.

Onderhoud: Helené Prinsloo van Books LIVE het ’n hele klomp vrae gehad.

Bekendstelling van Skuldig by Protea Boekwinkel, Hatfield.

Boekpraatjie by Mensa, Pretoria.

Nuwe resensie van Skuldig: “Dit is hierdie dimensie wat Skuldig—uitdagend, intelligent, insiggewend—vir my die lees en herlees die moeite werd maak,” skryf Jonathan Amid op LitNet.

Bekendstelling van Skuldig by Painted Words, Modimolle.

Woord en Wingerd by Graffiti Lynnwood Bridge, Pretoria, saam met Peet Venter (Plasenta) en Henk Breytenbach (Kodenaam: Icarus). Samantha Buitendach lei die gesprek.

Nuwe nuusbrief: Letters in bloed (en Boektoer!)

Skuldig is Maroela Media se Boek van die Maand: “Martin Steyn se Skuldig is die soort boek wat maak dat mens alles opsy skuif om te lees,” skryf Ilse Salzwedel.

Bekendstelling van Skuldig by Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Jonathan Amid lei die gesprek.

Nuwe nuusbrief: “In sy eie bloed …”

Nuwe lok-video: Is jou deure gesluit en die klank aan? Kyk die lok-video vir Skuldig.

Onderhoud: Naomi Meyer van LitNet het weer 10 vrae.

Eerste resensie van Skuldig: “Die deernis waarmee Steyn sy karakters uitbeeld en die helder beeld wat hy skep van die omgewing en die misdade verseker dat ek beslis in die toekoms leestyd sal afstaan aan sy speurtogte,” skryf Coenraad Walters in Die Burger.

Skuldig is nou beskikbaar by boekwinkels.

Boekpraatjie by Strand-biblioteek.

Radio-onderhoud: Ek kuier by Johann Myburgh in die ateljee by Radio Helderberg.

My boksie eksemplare van Skuldig word afgelewer.

US Woordfees: Dr. ST Potgieter praat met my en Madelein Rust (Die 13de Kaart) oor “Die sielkunde van die krimi”.

Donker Spoor het tweede in die 2014 LAPA Lekkerlit-kompetisie geëindig. Baie dankie aan almal wat gestem het.

Nuwe nuusbrief: “Menck. Hallo?”

Nuwe nuusbrief: Wie is skuldig?

Nuwe nuusbrief: ’n Nuwe dossier … Kyk of jy die titel van my tweede misdaadriller kan ontsyfer.

Radio-onderhoud: Ilse Salzwedel praat met my vir die boeke-program, Skrywers en Boeke, op RSG.


Nuwe nuusbrief: Die jaar wat was.

Nuwe video op YouTube: Ek lees ’n gedeelte uit hoofstuk 4 van Donker Spoor.

Onderhoud: Helené Prinsloo van Books LIVE het my ’n paar vrae gevra.

Nuwe resensie van Donker Spoor: “En veral as die speurder menslikheid openbaar, met gebreke en probleme waarmee die leser kan identifiseer, soos Deon Meyer se Bennie Griessel byvoorbeeld, word die leser baie sterk emosioneel betrek. Magson is só ’n speurder wat ’n opdraande stryd in sy persoonlike lewe voer en ook onder geweldige druk verkeer om die moordenaar te vang,” skryf Willie Burger in Vrouekeur.

Onderhoud: Naomi Meyer van LitNet het 10 vrae.

Die episode van DEKATv met die Izak de Vries/Donker Spoor-insetsel word uitgesaai op kykNET. Dis ook beskikbaar op YouTube.

Nuwe resensie van Donker Spoor: “Steyn se karakterisering is uitmuntend, en dis veral die hoofkarakter wat baie emosie by die leser ontlok,” skryf Johan Smith in Rapport.

Donker Spoor is LAPA se Lekkerlit-boek vir September.

Radio-onderhoud: Jaco Versfeld van Radio Pretoria praat met my vir die boeke-program, Radioleesklub.

Gerard Scholtz en Butho Ncube skiet ’n insetsel vir DEKATv waar Izak de Vries die proses van boekmaak verduidelik. Donker Spoor word gebruik ter illustrasie.

Ek en Izak de Vries kuier by Johann Myburgh in die ateljee by Radio Helderberg vir die boeke-program, Bladsy vir Bladsy.

Onderhoud: Jo Prins het vir my ’n paar vrae gevra en die antwoorde is vandag in Die Burger.

Bekendstelling van Donker Spoor by Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Jonathan Amid lei die gesprek.

Nuwe resensie van Donker Spoor: “Steyn het hier iets geskep wat die leser lank sal bybly, ’n teks wat heelwat meer uitdagend as gewone genrefiksie blyk te wees,” skryf Jonathan Amid op LitNet.

Donker Spoor is nou beskikbaar as ’n e-boek, vir Kindle, by Amazon.

My eerste boekbekendstelling. Izak de Vries praat met my en Vita du Preez (Waar die son omdraai) by Wordsworth Books in Somerset Mall, Somerset-Wes.

Die eerste resensie van Donker Spoor het verskyn. “Ten spyte van die resepmatigheid in die genre lewer Steyn ’n stewige en oorspronklike debuut,” skryf Riaan Grobler in Die Burger.

Nuwe nuusbrief: Volg die donker spoor.

Donker Spoor is nou beskikbaar in boekwinkels.

Ek is nou op YouTube. Kom kyk na die lok-video vir Donker Spoor.

My eerste radio-onderhoud: Esté Meyer van Maroela Media praat met my vir die aktuele joernaalprogram, Allegaartjie.

My boksie eksemplare van Donker Spoor word afgelewer en ek hou my eerste regte boek vas.

My eerste nuusbrief is uitgestuur: Wie is Jan Magson?

My webwerf is aanlyn. So ook my skrywersblad op Facebook.

ENGLISH