Afrikaanse webwerf English website
martin steyn
LAPA

donker spoor

Hier is ’n paar van die belangriker karakters wat jy in Donker Spoor sal leer ken:

Ao. Jan Magson

Magson word as die ondersoekbeampte aangewys toe ’n tienermeisie se liggaam in die veld buite Durbanville ontdek word. Nog voor hy uitvind dat dit nie ’n geïsoleerde moord is nie, is hy nie lus vir die dossier nie. In rou ná sy vrou se dood, is daar eintlik min waarvoor Magson regtig lus is. Op 54 is hy in die laaste jare van sy polisieloopbaan.

Ao. Colin Menck

Menck en Magson is al jare lank partners. “M&M”, noem een van sy informante hulle. Met Menck se sin vir humor en Magson se ernstiger benadering, vul hulle mekaar meestal goed aan. Hy is 40, getroud met Kathy, en pa van Ben en Casey.

Lt.kol. John Hattingh

Hattingh is die eenheidsbevelvoerder van die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid in Bishop Lavis. Hy het tussen veertig en vyftig speurders onder sy bevel en die hele Wes-Kaap om te dek. Soos die naam impliseer, ondersoek EGM die ergste voorvalle van interpersoonlike geweld: moord, bank- en transitoroof, menseroof en aanvalle op polisielede. En dis voor die oppergesag begin bel.

Kapt. Henz Kritzinger

Kritzinger is een van vier groepleiers in EGM. Tans is daar tien speurders in sy bystandgroep, wat in ouderdom van laattwintigs tot middelvyftigs strek. Die naweek toe die meisie se liggaam naby Durbanville ontdek word, is sy groep op bystand.

Dr. Sinette Killian

Dr. Killian is ’n forensiese patoloog verbonde aan die Universiteit van Kaapstad en die Forensiese Patologielaboratorium in Soutrivier. Dit is die besigste lykshuis in Suid-Afrika, waar daar jaarliks sowat 3 500 outopsies uitgevoer word.

HTML5
kopiereg © 2017 deur martin steyn
alle regte voorbehou