Afrikaanse webwerf English website
martin steyn
LAPA

swartval

Hier is ’n paar van die belangrike karakters in Swartval:

Claire Winters

Claire is 21 en vol drome om uit Robertson te kom, te reis en die wêreld te sien. Toe haar ouer broer Derek se droom waar word, en hy na die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid verplaas word, bly sy agter. Uiteindelik besluit sy om hom Kaapstad toe te volg.

Ao. Derek Winters

Derek is ’n speurder by die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid in Bishop Lavis. Toe sy suster onverwags voor sy deur arriveer, haar lewe in haar Tazz gepak, help hy haar indra.

Die bekruiper

Eers los hy een rooi blom onder Claire se ruitveër. Toe ’n dooie een. Toe drie swart blomme. Die sesde keer kom hy met ’n mes . . .

HTML5
kopiereg © 2017 deur martin steyn
alle regte voorbehou