“A short story is like a quick kiss in the dark from a stranger.”
Stephen King
Die aanhaling voel effens creepy aan hierdie kant van die nuwe millennium, maar toe ek Skeleton Crew in die vroeë 90s gelees het, was dit heel romanties—die aanhaling, nie die stories nie (van my gunsteling kortverhale deur Stephen King is in hierdie bundel: “The Mist”, “The Raft” en die fantastiese siek “Survivor Type”). Dit was die tyd toe ek my eerste wankelrige skryftreë gegee het, toe ek gereeld iewers met die oorblyfsels van my pa se ou Unisa-werkstukblokke gesit en donker wêrelde in potlood bou het.
My eerste kortverhaal was “Vengeance”, 26 bladsye met soveel clichés as wat ek kon inpas: die storie begin met ’n droomtoneel, daar was ruimtewesens en duiwelsaanbidders, geheueverlies … ek het nie teruggehou nie. En uit die aard van die saak was my eendimensionele hoofkarakter se naam Stephen. Dis ’n storie van uitsonderlike swak gehalte, maar eerste soene is gewoonlik maar kwylerige, morserige affêres. Beide ondervindings was vir my magic.
Kortverhale is waar ek verlief geraak het op skryf. En daarom sal dit altyd ’n spesiale plekkie in my hart hê. Ongelukkig is kortverhale die straatkinders van die boekwêreld. Lesers verkies romans, wat beteken uitgewers verkies romans. Digbundels sukkel ook met verkope, maar dit word ten minste beskou as ’n kunsvorm wat beskerm moet word. Kortverhale bedel meestal op straat.
Dis hoekom ek so dankbaar is vir dié uitgewers wat nog kortverhaalbundels publiseer. Vir die US Woordfees wat sedert 2016 jaarliks ’n bundel uitgee. En vir tydskrifte soos Vrouekeur, Huisgenoot en rooi rose wat nog stories plaas, al is dit deesdae so verskriklik min woorde.
En ek is veral dankbaar vir dié lesers wat bundels koop en stories in tydskrifte lees, want sonder julle sal die kortverhaal doodgaan.
Bundels
Papie
100%
Saamgestel deur Anastasia de Vries, Suzette Kotzé-
Uitgegee deur US Woordfees, 2018
Ek was op die Skuldig-
So het “Papie” op my hardeskyf gelê … tot die sluitingsdatum vir die Woordfees-
Rooi angelierblare
Hartlam
Saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair
Uitgegee deur Tafelberg-
Gerda Taljaard het ’n uitnodiging gestuur vir haar en Deborah Steinmair se volgende projek, ’n bundel verhale oor die liefde. Natuurlik, aangesien dit Gerda en Deborah is, het hulle nie net gewone liefdesverhale gesoek nie, maar alles van onbeantwoorde liefde tot waansinnige liefde tot liefde tot die dood toe.
Ek het jare terug ’n gedig geskryf oor hierdie man wat gereeld langs ’n meisie se hospitaalbed sit. Sy is in ’n koma en hy weet nie of sy ooit gaan wakker word nie. Ek het aan daardie gedig gedink en dit was die idee vir my storie.
Sprokie vir ’n Plain-kind
Op die spoor van
Saamgestel deur Rudie van Rensburg
Uitgegee deur Tafelberg-
Tertius Kapp het my gekontak oor ’n bundel speurverhale wat Tafelberg beplan. Rudie van Rensburg sou saamstel en hulle het 15 skrywers gevra om stories te skryf. Geen manier dat ek nie deel van hierdie projek wou wees nie. Plus, die woordtelling het tot by 5000 gegaan (gewoonlik is die afsnypunt 2500 of 3000), wat mens meer ruimte gee om die storie te ontwikkel.
Ek het ’n bietjie navorsing gedoen en geskryf aan my oorspronklike idee, maar hoe verder ek gevorder het, hoe meer het ek besef dit gaan nie in 5000 woorde inpas nie. Intussen het my navorsing vir Losprys my na Mitchells Plain toe geneem, waar my een hoofkarakter bly, en toe ontwikkel daar ’n nuwe idee. Dit het begin met twee blink ogies onder ’n bed …
’n Dun blou lyn
Wys
Saamgestel deur Anastasia de Vries, Suzette Kotzé-
Uitgegee deur US Woordfees, 2017
Ek hou veral van die Woordfees-
Ek was diep in navorsing en karakterwerk vir my nuwe riller—toe nog net bekend as “no 4”, nou Losprys—en het gedink een van die hoofkarakters se agtergrondstorie sal eintlik goed werk as ’n kortverhaal. En op dié manier kon ek ’n storie vir die Woordfees-
Kira
Skadustemme
Saamgestel deur Lelani Fourie
Uitgegee deur Crystal Lake Publishing, 2016
My eerste kortverhaal is in 2004 in rooi rose gepubliseer. Dit was ’n storie met ligte bonatuurlike elemente en dit het twee keer se herskryf geverg om Corlia Fourie tevrede te stel. In die proses het ek ook geleer om tonele te sny en bondiger te skryf. (In daardie jare het ons nog deur die Poskantoor gewerk en Corlia het met die hand teruggeskryf; ek het steeds die briewe.)
Ek het “Kira” weer onder hande geneem in Desember 2014 en dit by my nuusbrief ingesluit. En toe op my webwerf geplaas, waar Lelani Fourie dit gelees en gevra het of sy dit by ’n bundel kan insluit; Joe Mynhardt van Crystal Lake Publishing wou die Afrikaanse gruwelwaters vir e-boeke toets.
Die pop
Bly
Saamgestel deur Anastasia de Vries, Suzette Kotzé-
Uitgegee deur US Woordfees, 2016
In 2015 kry ek ’n uitnodiging van die US Woordfees om ’n “spesiale skrywersgeleentheid” by Lanzerac by te woon. Daar kondig hulle ’n kortverhaalbundel aan wat tydens die volgende Woordfees uitgegee sal word en hulle vra inskrywings. Daar is nie voorskrifte ten opsigte van tema nie, maar dis slegs vir skrywers wat reeds gepubliseer is.
So loop mens maar en dink terwyl jy aan ander dinge werk en uiteindelik kry ek my idee by Nanette van Rooyen, toe sy vir my ’n projek wys waaraan sy werk: ’n kleremaaksterpop waaraan sy stukkies lap en stories hang, getiteld Huid. Op pad terug begin die idee van die gedigte-
Die trommel
Skrik op die Lyf
Saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard
Uitgegee deur Tafelberg-
Einde-2014 kom ek op ’n uitnodiging op LitNet af: “Is jy bonatuurlik woordbegaaf, met ’n verbeelding soos ’n vingernael wat oor ’n swartbord knars? Skryf dan ’n gru-
Wel, met my skryfwortels in Stephen King se donker akkers het ek niks meer nodig nie, maar die betrokkenheid van Deborah Steinmair as een van die samestellers maak dit selfs meer onweerstaanbaar. Want ek het onlangs Poppekas gelees en dit het reguit na my hopie gunsteling Afrikaanse boeke toe gegaan.
Ek kan nie onthou hoe die idee gekom het nie, maar ek onthou dit was heeltemal te lekker om hierdie siek storietjie te skryf. En ek was vreeslik ingenome toe ek hoor dis gekies om ingesluit te word—nogal by Deborah.
Tydskrifte
Nettievanniebure
Vrouekeur
Uitgegee deur Caxton Magazines, 1 Desember 2017
Toe ek in Junie 2017 Potchefstroom toe is om by die ATKV se Skryfskool te gaan praat, het ek ’n idee, ’n boekie en ’n potlood saamgevat. Daar was nogal ewe ’n skryftafel in my kamer en die eerste deel van dié storie is daar geskryf. Met potlood op papier soos toe ek op skool begin het.
Kersverhaal
Huisgenoot
Uitgegee deur Media24, 21 Desember 2017
Ek het nogal heelwat storie-
Hangberg
Vrouekeur
Uitgegee deur Caxton Magazines, 6 April 2018
Toe ek my laaste opvolgonderhoud met ’n polisievrou by Houtbaai-
Net die volgende week gebeur die insident waaroor dié storie gaan tydens konflik by Hangberg, aan die hawe se kant. En toe ek Losprys se manuskrip instuur LAPA toe, het ek ’n kortverhaal daaroor geskryf.
Soetdoring
Vrouekeur
Uitgegee deur Caxton Magazines, 15 Februarie 2019
Toe ek en Lelani Kersfees 2017 by haar ouers in Bloemfontein gaan kuier, het ons by Krugersdrif gaan visvang. Ons het gevang soos wat die dissipels gevang het toe hulle hulle nette aan die regte kant van die skuit uitgooi. Dit was my basiese opleiding in varswatervisvang. In Junie 2018 is ek, Lelani se pa en haar swaer in snerpende koue die donkerte in Soetdoring toe. Hierdie keer was dit die ander kant van die muntstuk en net twee lede van die geselskap het byte gekry: Werner het twee karpe gekry en ek ’n storie.
Boomgom
rooi rose
Uitgegee deur Caxton Magazines, April 2019
Mia Oosthuizen, kinder- en jeugboekspesialis, het my van boomgom vertel. Ek het haar eintlik oor hulle plaas in die Karoo uitgevra, vir Swartval, om uit te vind hoe dinge sonder elektrisiteit werk, hoe windpompwater tot by die huis kom, oor kelders en solders. ’n Paar weke later was hulle weer plaas toe en sy stuur vir my ’n klompie foto’s. So terloops noem sy ook hierdie ongelooflike oes boomgom waarop hulle afgekom het. Daardie oranje bol het my bly fassineer …
Hierdie kortverhaal in die rooi rose is ekstra spesiaal, want Corlia Fourie was steeds die verhaleredakteur. Sy het my heel eerste storie in 2004 gepubliseer. Dit was die eerste keer dat iemand my betaal het vir iets wat ek opgemaak en neergeskryf het. Dit was ook my eerste lesse in die waarde van herskryf en dat oordeelkundige snywerk ’n storie sterker kan maak.
Hartswater
Vrouekeur
Uitgegee deur Caxton Magazines, 16 Augustus 2019
Baie jare terug het ek saam met ’n vriendin by haar ouma en oupa in Hartswater gaan kuier. Dit was ’n hele familiekuier met al die kinders en kleinkinders. Ek het heeltemal verlief op die dorpie geraak met sy vergete inryskerm en rooigrondaanloopbaan. Ons het in die kanaal geswem en een aand met verdwaasde glimlagte gekyk hoe die middeljarige kinders weer soos tieners springhase met ’n Gorilla-stuurwielslot en ’n krieketkolf in die kombi se kopligte op die einste aanloopbaan jag. Natuurlik het ek die dorp as skilderdoek vir ’n storie gebruik. Dit het gegaan oor ’n vrou wat terugkeer na haar tuisdorp vir ’n hoërskoolreünie, maar eerder haar tienermolestering konfronteer.
Toe ek die idee vir hierdie nuwe kortverhaal kry, na aanleiding van ’n familielid wat demensie het, het ek aan Hartswater gedink en my herinneringe gaan opdiep.
Stevie
Vrouekeur
Uitgegee deur Caxton Magazines, 24 Januarie 2020
In die laat neëntigs en vroeë tweeduisends het ek nogal baie gedig. “Stevie” is ’n alternatiewe weergawe van ’n gedig met dieselfde naam wat ek amper twintig jaar terug geskryf het.
Ons eendag
Vrouekeur
Uitgegee deur Caxton Magazines, 22 Mei 2020
Partykeer lê iets jare lank iewers in jou brein net om een dag uit te rol en ’n storie te word. In hierdie geval was dit die bomontploffing by Planet Hollywood in die V&A Waterfront in 1998, en die prentjie van die los voet wat my bygebly het.
Lopers
Korona-
LitNet, 14 Julie 2020
Covid-19. Een van die voordele daarvan om ’n fiksieskrywer te wees, is dat jy altyd iets positiefs in onaangename gebeure en ondervindings kan vind, want dis ’n nuwe ervaring wat jy vir ’n storie of karakter kan gebruik. Veral aan die begin van die pandemie was dit baie interessant om te sien hoe regte mense die situasie hanteer en hoe hulle optree. En tydens die grendeltyd, toe die algemene publiek vergunning kry om te mag stap vir oefening, en die enkelinge, groepies of hordes so begin loop, toe ontvou hierdie storie se idee in my kop.