Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen.
En dis wanneer jy twyfel.
Donker Water
“Dis absoluut ’n heerlike boek
wat my vasgenael gehou het …”
Deborah Steinmair
“… dié is my gunsteling-Martin Steyn- boek.”
Stefaans Coetzee
Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen.
En dis wanneer jy twyfel.
Ná drie jaar in die Suid-
Maar nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie. En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof.
Dis net die begin. Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie.
“Hierdie tou is jou lifeline. Jy los hom nie.” Want in donker water is dit al hoe jy jou pad terug kan vind.
“Ek was meegevoer deur die storie van twee vriende, twee verskillende lewensuitkyke en een besluit wat alles vir altyd verander.”
Erla Diedericks
LitNet
“Wat die roman laat voortstu en onneersitbaar maak, is die dinamika tussen karakters, die manier waarop Steytler mettertyd, in vuil water, op soek na liggame en wapens, homself ontdek.”
Deborah Steinmair
Vrye Weekblad
“Ek is ook versot op Donker water se randfigure. Die outentisiteit waarmee Steyn hierdie karakters inkleur, gee geloofwaardigheid aan die hele storie.”
Stefaans Coetzee
Die Burger
“Die manier waarop die skrywer met woorde omgaan, laat die leser letterlik die emosies van die karakters leef.”
Irma Steffens
SARIE.com
“Hy kan atmosfeer skep soos min. En vir ’n riller-liefhebber, is dit die x- faktor in ’n roman.”
Anschen Conradie
Uit die perd se bek
“Steyn slaag daarin om [Steytler en Pyper] se gesprekke so natuurlik aan te bied dat jy voel jy sit by hulle.”
Coenraad Walters
LitNet
“Hierdie roman het my onkant gevang omdat dit geensins ’n geykte resep volg nie.”
Francois Bekker
Penguin Post
“’n Kragtige verhaal wat jou nie laat los na die laaste bladsy nie.”
Amanda Claassens
Penpunt
Karakters
“Ek sê vir jou, die treine kweek ses-
KONSTABEL ALEX STEYTLER is 23. As lid van die Rapid Rail-
“Ek wil nie op die treine of in ’n stasie vrot nie. Ekke wil by ’n spesialiseenheid wees, in die duikeenheid.”
KONSTABEL MARCEL PYPER is 25 en ook ’n lid van die Rapid Rail-
“Niemand geniet daai tonele nie. Maar dis deel van die werk.”
KAPTEIN CHRISTO GREYLING is die bevelvoerder van die duikeenheid in die Wes-
“As die brander jou omslaan, gaan jy bly lê? Of gaan jy opstaan en teruggaan?”
ADJUDANT-
“Hoor hier, ek sien nog nie ’n sak wat opgemaak is nie. Gaan julle die ou kry of gaan julle vir plesier duik hierso?”
ADJUDANT-
“Die joeter vat ons almal een of ander tyd. As jy wil aanhou duik, polisieduik … dis ’n battle wat jy sal moet fight.”
ADJUDANT-
“Ons duik nie soos wat jy op die naweek gaan duik nie. Jy kan al die tegniese dinge vir ’n ou leer, maar om fisies die job te doen … jy het dit of jy het dit nie.”
ADJUDANT-
“Ek wil net vir julle sê ek was nog nooit in my hele lewe so happy om ’n coloured omring deur whities te wees nie. Ek is daai klein drumstick tussen die lekker plump en juicy borsies.”
SERSANT SELWIN AHRENDSE is ’n uniformbeampte by die Mitchells Plain-
“Dis so satisfying om mense se geluk vas te vang. Maar … ek vergeet partykeer om my eie oomblikke te maak.”
TASHA DELPORT is ’n fotograaf wat spesialiseer in troues en leefstylfoto’s. Sy bly in die woonstel langs Steytler en hulle het begin om te gesels en saam te braai op hulle gedeelde stoep.
Uittreksel
Uiteindelik ry hulle van ’n teerpaadjie af, tussen ’n paar vraghouers en sinkhuisies deur tot waar twee polisiebakkies en ’n samedromming mense wag.
“Almal het vir julle kom kyk.” Sersant Ahrendse kyk om met ’n glimlag wat heeltemal te breed is.
Daar is baie mense. ’n Sinkgat val in Steytler se maag oop. Omstanders kompliseer altyd dinge, veral as daar ’n gros van hulle is. En hy en Pyper weet absoluut niks van hoe polisieduikwerk gedoen word nie.
AO Kallis hou langs die ander bakkies stil en klim uit. Pyper hop agterna.
Steytler maak sy deur oop en wil dit net weer so toemaak. Die reuk van vullis en riool boender by sy neus in soos pendelaars op die laatmiddagtrein. Hy klim uit en loop om die bakkie na waar die ander met ’n paar uniformbeamptes praat. Plastieksakke en gemors lê van die gras af tot in die donker water van die rivier, Pick n Pay-
“… bundu court,” sê die een uniform.
Kallis knik. “Where is he?”Die uniform beduie na die rivier. “Somewhere over there.”
Steytler sien net vullis tussen die alge of slik of wat ook al die groen goed is wat bo-
“Did you see him yourself?” vra Kallis.
Die uniform skud sy kop.
“How long ago was the bundu court?”
“They say four days.”
“So, hy behoort al te dryf.” Kallis kyk uit oor die water. “Orraait.” Hy kyk na Pyper en Steytler. “Julle wil mos duikers wees? Kom ons kry julle opgekit.” Hy loop bakkie toe.
Steytler kyk na die water, die groen slik, die gemors wat daarin dryf. Hy gryp Pyper voor die bors. “Ek gaan nie in hierdie kakwater duik nie. Ruik hoe ruik dit. Ons gaan in die hospitaal opeindig.”
“Relax, man. Hulle sal ons nie fisies laat duik nie.” Maar Pyper lyk nie juis oortuig nie.
“Jy gaan eerste in.”
Kallis vroetel agter in die bakkie en gooi duikpakke op die gras. Hy kyk na hulle en lag. “Hoor hier, moenie so stres nie. Ons duik nie in sulke water nie, maar ons moet die liggaam gaan uithaal.”
Steytler kyk na die duikpakke. “Hoe?”
“Farmer John. Waders. Stap in en soek.” Hy haal sy skouers op. “Hoor hier, as julle nie kans sien nie, kry vir julle ’n lift treinstasie toe. Ek en Ahrendse sal dit doen.”
Ahrendse knik en begin al sy skoene losmaak.
“Nee, AO, ons is serious hieroor.” Pyper sak op een knie en maak sy stewel los.
Steytler sug aan die binnekant. Hy is beslis nie ernstig hieroor nie. Selfs die nege-
Kallis kyk na hom.
Steytler maak sy koeëlvaste baadjie los. Hy weet nie hoe hy homself in hierdie situasies kry nie. Nee, hy weet. Hy laat Pyper toe om hom by hierdie situasies in te sleep. Dis hoekom hy hier staan en aantrek om by rioolwater in te gaan om ’n lyk te gaan soek.
Ahrendse kom hou ’n stuk wit plastiek as gordyn. Daar staan SA POLICE SERVICE in donkerblou op. “Om julle se dignity te beskerm. Ons wil nie vir die mense ’n show gee nie, nè?” Hy lag. “Voor julle nog ’n toon in die water kan kry, strip julle al oral oor die land op social media.”
Steytler verstaan hoekom Kallis en Ahrendse oorpakke dra: Dit sal baie vinniger aan- en uittrek as ’n polisieuniform. Hy sien Pyper is beter voorbereid, met sy Speedo Aquashort waarmee hy altyd duik as onderbroek. Steytler, daarenteen, het nie aan duik gedink nie en sy gewone katoenweergawe vanoggend aangetrek. Hy sug aan die binnekant. Enigste geluk is dat ’n donker een bo gelê het.
Dis weer die duikpakke van die preseleksie wat soos ’n frokkie oor die skouers haak. Farmer John, het Kallis dit genoem. En ’n baadjie bo-
Kallis haal twee visvangoorpakke uit. “Julle behoort orraait te wees in die waders. Die water is nie so diep nie.”
Die kakiegroen PVC-
“Julle lyk daam maar ougat,” glimlag Ahrendse.
Kallis knik. “Kort nog net iets vir die hande. Kyk gou of jy vir ons stokke kan organise, toe?”
Ahrendse knik en loop.
Kallis gee vir hulle latekshandskoene. Dis blou en dik en kom amper tot by die elmboog. Darem een stukkie toerusting wat nuut en ordentlik is.
“Orraait, terwyl ons nou wag … So, hoe ’n herwinning werk, julle gaan nou soek, nè? ’n Liggaam, ’n dooie liggaam, sink. Dis nie soos in die movies nie. Dis soos ’n boot met ’n gat in, die water kom in, die lug gaan uit en hy sink. Selfde met ’n liggaam. Dis die lug in jou longe wat jou laat dryf. Maar as jy dood is, gaan daai lug by jou mond en neus uit en water loop in en jy sink. Maar nou ontbind jy en daar is gas en jy blaas op, dan kom jy weer boontoe. So, ná drie, vier dae dryf daai liggaam. Nou, die gemeenskap sê hy is vier dae in die water …”
“So, hy behoort te dryf.” Pyper kyk na die water.
“Hy behoort. Nou, as julle hom kry, hoor hier, moenie hom net uitpluk nie. Soos ek gesê het, ons probeer die persoon se dignity darem beskerm. Wys net eers …” Kallis teken ’n vierkant met sy wysvingers in die lug “… dan kry ons die sak. En dis al wat julle wys, rustig, moet nou nie arms swaai en skree en tekere gaan nie, nè, dis nie ’n rugby-
Ahrendse kom met ’n besem in elke hand. Hy draai die koppe af en gee vir elkeen ’n stok.
“Orraait. Loop nou so in en voel-
“Hoe sal ons weet dis die liggaam?” vra Steytler.
“Jy sal voel daar is iets. Dan voel jy maar hoe groot is dit. Hoor hier, dis nou alles met die stok, nè? En as jy nou voel dis groot genoeg, dan voel jy met jou hand. As jy kan bykom. As ek julle is, dan gaan soek ek eerste aan die ander kant tussen die riete. Miskien sit hy daar vas.”
Pyper knik en loop water toe.
“Een laaste woordjie van advies.” Kallis grinnik. “Moenie omval nie.”
Steytler loop agter Pyper aan, trap tussen die plastieksakke en Cokebottels in die groen gras. Die reuk van riool word met elke tree sterker. Dis natuurlik hoekom die gras so lowergroen is.
Pyper aarsel darem op die rand en mompel ’n “fokkit”.
Steytler klap hom agter die blad. “Kom, dis tyd om jou droom waar te maak.”
Pyper kyk na hom. “Ja, dis nie heeltemal wat ek in gedagte gehad het nie.”
“AO Kallis het nie vir jou hierdie deel vertel toe julle gechat het oor hoe lekker dit in die duikeenheid is nie?”
“Nee, hy het hierdie deel uitgelaat.” Pyper lyk effens vaal.
“H’m. Gaan ons dit doen of nie?”
“Fokkit, Alex, dis rêrig kakwater.”
“Ja. Dit is. Maar jy weet wat, ek gaan hulle nie die satisfaksie gee om nou om te draai nie.” Steytler vat sy stok en trap in die water. Die modder suig die rubberstewel ’n entjie in. Hy is baie dankbaar dat dit ’n eenstuk is en die ding nie afgesuig kan word nie. Tree vir stadige tree loop hy dieper in.
Pyper se eie moddersuiggeluide kom agterna.
Die water kruip hoër teen Steytler se bene op, verby sy knieë, hoër, hoër, tot by sy heupe, druk die oorpak stywer en kouer teen hom vas. Plastieksakke en -bottels, kartonne en doeke dryf saam met die alge om hom en klots teen sy middel. Hy hou sy arms en hande bokant die water en druk met die besemstok.
“Shit, dis disgusting,” mompel Pyper agter hom.
“Shit is reg, ja. Hier kom ’n bruin submarine nou hier verby.” Steytler knik in die rigting.
“Disgusting.”
“Ten minste kan mens die varses sien en vermy. Dis die semi-
Pyper kreun. “Ekke voel kotserig.”
“Go for it. Dit sal nie ’n verskil maak nie.” Steytler voel met die stok voor sy voete vir enige klippe of iets waaroor hy kan struikel—want dit is loshande sy grootste vrees—skuif een voet versigtig voor die ander, druk met die stok om seker te maak hy hou sy balans. En hy voel vir gate. Want dit sal nou net perfek wees om skielik in ’n gat te trap. Hy kyk om.
Pyper lyk meer as net ’n bietjie grys.
“Ons is darem omtrent halfpad.” Maar die water kom al verby Steytler se naeltjie. “Ek hoop net nie die water raak nog dieper nie … Want dan is ons in die kak.”
Pyper se laggie tref ’n wilde noot.
Gelukkig vloei die rivier maar stadig en die water spat nie regtig op nie.
“Ug, ek gaan stort en was soos my ma nog altyd gedroom het. Selfs agter my ore en tussen my tone.”
Steytler voel-
“Ek voel om in Domestos te gaan lê.”
“Dis nie ’n slegte idee nie.“
“Ek hoop regtig hy’s in die riete.”
Hulle werk stadig hulle pad tot waar die riete begin, voel met die besemstokke, druk die riete en plastieksakke weg met hulle hande, soek, soek, soek. Steytler se armspiere is nie ingenome met hierdie elmboë-
“Kry jy iets?” vra Pyper.
“Net goed wat ek nie wil kry nie.” Steytler werk homself nog verder tussen die riete in, druk-
“Fok!” Dit kom in die gedempte toon van verrassing.
“Wat? Het jy geval?”
“Nee. Ekke dink … ek dink ek het hom gekry, Alex …”
Steytler kyk, maar kan Pyper nie regtig sien nie.
“Hier’s ’n hand.”
“Ek kom.” Steytler retireer en skuifel-
“Sy hande is met tou agter sy rug vasgebind. Hy hang soos ’n jellievis met sy bene ondertoe.” Pyper voel onder die water. “Ug.” Hy trek ’n bietjie. “Hy sit nogal vas.”
Steytler draai om en steek sy hand op. Hy beduie na die riete. En onthou toe om die vierkant te teken.
Kallis maak ’n sirkel met sy duim en wysvinger. Ahrendse het intussen ’n duikpak aangetrek. Hy trek nou ook ’n visvangoorpak aan.
“Lyk my sersant Ahrendse kom na ons toe.”
“Hier.” Pyper hou die besemstok en Steytler vat dit. Pyper druk sy ander hand ook in die water en trek met al twee.
“Wat maak jy?”
“Ekke probeer hom uitkry.”
“Ek sê dan vir jou Ahrendse is op pad.”
“En dink hoe impressed sal hy wees as ons klaar reg is wanneer hy hier kom.” Pyper kyk na hom. “Gaan jy help?”
Steytler sug en steek die besemstokke tussen die riete in. Hy kan nie eintlik dink dat die eienaars dit sal wil terughê nie. Hy druk die riete weg, voel onder die water, kry iets beet, seker die slagoffer se broek.
“Is jy reg?”
“Moet nou nie so hard trek dat hy skielik loskom en dan moer ons agteroor nie. Ek versuip jou in hierdie kak.”
“Nee, ons trek stadig.”
“Pyper. Ek is ernstig.”
“Ek sê mos ons trek stadig.”
Steytler sit sy regtervoet agtertoe om homself ordentlik te stut—want dis Pyper langs hom—en vat die broek behoorlik vas. “Oukei.”
“Trek.”
Steytler trek, maar die liggaam kom nie regtig nie.
“Ug.” Pyper se mond is skeefgetrek. “Sy arm is so sag. Dis nie cool nie.”
“Miskien moet ons net wag tot Ahrendse hier is.”
“Nee. Trek.” Pyper kyk na hom. “Trek jy?”
“Ja.”
“Ekke dink nie jy trek nie.”
“Ek fokken trek.”
“Hoekom kom hy dan nie?”
“Want hy sit vas in die donnerse riete. En ek kan nie sien wat ek doen nie.”
Pyper trek met meer mening en daar is definitiewe beweging. Hy kyk na Steytler en trek sy wenkbroue op. “Sien? Jy moet trek.”
Steytler skuif sy regtervoet nog ’n entjie verder agtertoe en probeer die liggaam se been beter vasvat. Pyper is reg, dit voel sag. “Moet net nie ruk nie, oukei?”
“Trek net.”
Steytler trek harder as die vorige keer, probeer die weerstand oorkom sonder dat … Die liggaam kom. Hy staan vas, maar water spat op teen sy bors en ’n paar druppels land koud op sy ken en lippe. Hy ril en vee sy mond heen en weer teen sy skouer, skuur dit teen die duikpak.
“O, fok.”